Tumgik
#Meisie Sonder Sokkies
sugarmusicnews · 7 months
Text
Dawid Ryk – David Kramer
Eina – David Kramer ‘My naam is Dawid Ryk, meneer en ek is an arm man’. In that short opening line of the song, David Kramer paints a vivid picture not only with the lyrics, but also with his sharp edged vocals that kind of flatten sounds. Immediately an image springs up of a down and out man in a worn out suit who is probably a Cape Coloured. This image is enhanced as Kramer continues with this…
Tumblr media
View On WordPress
0 notes
rtbmamma-blog · 5 years
Text
VIR MY SEUN: KLEIN DORPIE WAARDES WAT EK JOU WIL LEER
Ek wou al lankal vir my seuntjie ‘n lysie aanmekaar sit van alles wat ek hom graag wil leer oor die lewe,liefde en leed. HOE squeeze jy dan ALLES wat jy wil deel in ‘n bulletpoint skryfstukkie?? Ek dink die proses om alles te probeer neerskryf het my wysser gemaak op die feit dat ek as sy mamma ongetwyfeld nie volmaak is nie en iewers in my lewe hom onbewustelik teleur gaan stel of selfs seer kan maak. Dan onthou ek dat Jesus groter is as my menslikheid en ek kry weer ‘n “new found Hope”. Hier is my lysie. Daar is verseker nog baie ander dinge maar hier is my top 30 wat eerste opgepop het:
1. GEBRUIK JOU KOP &  PRAAT UIT-DIE-HART 
Dis mooi as ‘n man reguit is. Dink voor jy praat & sê wat jy voel. Om in sirkels te praat of nie by die punt uit te kom nie steel jou tyd en jou liefde.
2. MAAK GENOEG TYD VIR JOU GESIN & FAMILIE Alles is belangrik. Werk. Stokperdjies. Vriende. Alleen-wees. Maar jou gesin is jou hartklop. Dis waar jy die meeste van jou tyd gaan wees, so hoe meer jy daarin investeer, hoe meer belonend gaan dit vir jou wees.
3. WEES NEDERIG Dis nie in ’n mens (veral ‘n man) se natuur om nederig te wees nie. Dis ’n vrug van die Gees wat jy met hulp van die Heilige Gees kan bekom. Al is jou skouers hoog in die sterre, hou jou voete kaal en plat op die aarde. Mense het altyd meer tyd & respek vir iemand wat tyd en respek vir hulle het.
4. WEES LIEF VIR DIERE Hulle sê hoe jy jou ma en jou troeteldier behandel verklap hoe jy jou vrou eendag gaan hanteer. Hulle sê ook om ‘n diertjie te versorg is die eerste stap tot verantwoordelikheid soos vrou,kinders & werk op te pas.
5. LEER OM TE DANS Dans is belangrik. Dit wys so baie van ’n man se karakter & persoonlikheid. Jy moet lekker kan sokkie. Vat haar ferm om die middel - jy moet leiding neem. Dit wys vir haar jy is in beheer van jouself, haar en die situasie met selfvertroue en lewenslus. As jy sweet - dis oukei - koel af, spyt ‘n ietsie en vat haar WEER en WEER om die draai.
6. KYK NA JOU LYF Kry die balans. Net nie teveel nie & ook nie te min nie. ’n Six-pack, die perfekte hare en outfit het nog nooit die man gemaak nie. Maar net soos wat sy vir jou soos ‘n trofee moet voel waaroor jy wil spog, moet sy ook kan trots wees op wat sy wil huistoe bring. Wees altyd netjies en versorgd en ruik altyd lekker. Eerste indrukke hou vir altyd.
7. STAAN ALTYD OP VIR DIE KLEINER OUTJIE Automaties maak dit van jou die groter ou, as jy opstaan vir ander. Een wat nie houe uitdeel sonder rede nie. Een wat tyd maak om die mens binne die lyf te leer ken. Al is jy fisies groot, maak dit jou nie noodwendig sterker of beter nie.
8. WEES OPREG & EERLIK Mense is geneig om makliker te vergewe as jy opstaan & erken as jy fouteer het. Mense is skape, maar hulle is nie dom skape nie - Hulle snuif falsheid vinnig uit. Wees altyd eerlik met jouself en met ander - naastes en dies buite jou kringe. SO verdien jy respek!
9. VRA HAAR PA EERSTE Of dit nou vir trou is of selfs net ’n fliek-date, as haar pa jou vertrou, voel sy veilig by jou. Jy sal verbaas wees hoeveel meer jy toegelaat sal word as jy haar pa kan bewys dat jy sy dogtertjie kan beskerm en oppas (miskien selfs beter as wat hyself kan!)
10. TAFELMANIERE Die simboliek van samekoms om ‘n tafel is baie dieper as net om jou maag vol te kry. Dit wys egte liefde, waardering en belangstelling teenoor jou naaste. Waardeer die eenheid tussen mense en God. Bid voor jy eet, sê dankie as jy klaar is en moenie te vinnig opstaan nie. Kuier, gesels en wees dankbaar vir saam-wees-tyd.
11. OM ‘N GENTLEMAN TE WEES GAAN NOOIT UIT STYL NIE Maak die deur oop. Dra haar tas. Help om die inkopies af te laai. Groet vriendelik. Help om die wiel om te ruil. Hê meegevoel as sy hartseer is. Wees beleefd & maak altyd tyd vir haar en ander.
12. STAAN OP VIR WAT JY GLO Groepsdruk gaan nooit weg nie. Op skool. Na skool. By die werk. In jou huwelik. By familie. Mense se invloede is onvermeidelik. Wees seker in jouself en wat vir jou belangrik is, sodat wanneer jy getoets word, jy sterk kan staan by jou waardes en jou Here. Integriteit verdien respek.
13. MAAK JOU BED OP ELKE DAG Dit skep ‘n vorm van self-waarde. Dis die eerste taak wat voor jou hang as jy opstaan in die oggend,so doen dit goed! Dit bepaal jou vertroue en ywer vir die res van die dag. ‘n Simpel taak soos bed-opmaak kweek trots in wie jy is as man in die samelewing.
14. SIT JOU YSTERKNOPPIE AAN Mans moet TOUGH wees. Ek verstaan dit. Moet nie dat jou voete te sag is om soms op skerp klippies te trap nie, maar weet ook dat pyn ’n begin, ‘n middel & ’n einde het. Dit sal nooit vir ewig duur nie - so bepaal vir jouself of die daad die pyn werd sal wees. En as jy besluit dat dit is - dra die pyn met verantwoordelikheid en druk deur!
15. MOET NIE LAAT WEES NIE Uit ondervinding het ek geleer dat die lewe NIE NET OOR JOU GAAN NIE. Laatkommery is ‘n vorm van disrespek teenoor ander. As jy ooreenkom op ’n afspraak met iemand - hou daarby en wees betyds!
16. MOENIE DIE OU WEES WAT DIE HARDSTE LAWAAI NIE Die grootste monde blaas die meeste wind! Ons lewe in ‘n wêreld waar opinies teveel is en dade te min. Wees ’n doen-man. Doen altyd meer as wat verwag word & sê net die nodige.
17. STAAN OP, GROET & SKUD FERM BLAD, ALTYD, MET ENIGE IEMAND Daar is ‘n aantreklikheid aan ’n man wat homself nie wegsteek vir ander nie. Jy verteenwoordig jou hele gesin & alles wat jy is in ‘n twee-sekond-hand-skud.  Wys respek,maar ook dat jy nie skaam is vir wie en wat jy is nie.
18. MOENIE LUI WEES NIE Met sweet en harde werk sal jy vir jou gesin brood op die tafel kan sit. Moet nooit lyf wegsteek en agteroor sit dat iemand anders vir jou iets doen nie. Wees gretig om te help en vir ander en jouself take ligter te maak. DIt wys jy het ruggraat!
19. LEER BY JOU PA Obviously, dink ek hy is die wysste,slimste,beste vir om by te leer - daarom het ek hom getrou! Ek wil hê jy moet alles wees wat hy reeds is en nog meer! ’n Pa is die heel beste plek vir ‘n man om oor homself te leer, want hy skep jou identiteit. ’n Pa is ook die beste konneksie vir jou verstaan van Wie God is. GEBRUIK JOU HULPBRON - Hy is daar vir jou!
20. SING SAAM AS MUSIEK BEGIN SPEEL Karen Zoid se “As musiek begin speel” liedjie sing ek al vir jou vandat jy gebore is. Wees die man wat JOY vind in die klein dingetjies wat die lewe lekker maak. Vergewe gou om weer gelukkig te wees. Die lewe is te kort vir ongelukkig wees.
21. KEN DIE HERE IN AL JOU WEË ‘n Behoefte wat mens regtig eers besef jy benodig as jy die dag op ’n punt kom waar jy iets het om te verloor.‘n Vrou vir wie jy lief is, of jou babatjie wat jy vashou. God het tonne beloftes uitgespreek oor jou lewe - CLAIM DIT! As jy jonk is is jy tough en ontembaar, maar ons kan eenvoudig net nie menslik dit alleen doen sonder Hom nie!
22. RESPEKTEER DIE FEIT DAT SY ‘N MEISIE IS - ONGEAG Jy gaan haar nooit ten volle verstaan nie, maar vergelyk haar met ’n stoomtrein: Jy moet fyn werk met haar seun, sy is net ‘n meisie. As sy wil wegry, dan trek jy haar in. As sy lui begin raak, dan stook jy haar weer warm & aan die brand. En as dinge regtig te warm raak, dan blaas jy haar af. Solank jy onthou, ’n meisie is heilige grond. Jy moet dit respekteer & jy moet haar lief hê.
23. SELFVERTROUE IS SEXY Daarmee sê ek nie hê ‘n oormaat daarvan nie. Die grens tussen vertroue en arrogansie is baie nou. Maar as jy as man van jou huis selfvertroue het in jou menswees, geloof en waardes is dit soos ’n veldbrand wat versprei, al jou mense sal aansteek by jou & julle kan dan saam die wêreld verander.
24. VERSTAAN HAAR LIEFDESTAAL, EN JOUNE OOK ‘n Area wat min mans regtig aan aandag gee & as hulle maar net weet watse verskil dit sal maak! Begin by jouself, dis makliker om haar behoeftes te ontmoet as jy jouself en jou geite ken. En wanneer jy weet wat maak haar hart klop, doen moeite om haar lief te hê in haar taal wat sy praat. Al is dit nie jou natuurlike instink nie, die bybel leer ons dat as jy saai vir iemand wat hulle benodig, sal die Here vir jou teruggee in jou eie behoeftes! HOE WOW IS DIT!
25. ALLES IS ALTYD OUKEI Die lewe het baie ups & downs. Dit voel meer gereeld af as op. As jy jou uitkyk op die lewe egter positief en inlyn met God se Wil hou, is daar ’n Hoop. Alles sal egter ALTYD oukei uitdraai al vat sommige dinge soms langer om te genees as ander.
26. DIE 80-20 RATIO ‘n Wysheid wat van jou ouma af kom. In ’n verhouding sien ons baie maklik raak wat die ander een verkeerd en sleg doen. Soms oorweldig die bietjie negatiewe ons so,dat ons die mooi en lekker dinge maklik vergeet. Probeer altyd om eerder op die 80% goeie kwaliteite te fokus, eerder as die 20% negatiewe dinge. Daar is altyd baie meer om voor dankbaar te wees as om oor te kla.
27. KORTBROEK & PLAKKIES ORAL WAAR JY GAAN SO simplisties tog SO belangrik. Wees jouself by almal. AS jy “bliksem” sê, sê dit by die huis, voor jou meisie se male en selfs in die kerk. Punt is om nooit aan te pas by wie jy is nie.  Wees gemaklik met wie jy is die heeltyd. Druk jouself altyd om te leer en te groei by ander mense, maar nie ten koste van jou eie persoonlikheid nie.
28. HAAL JOU HOED AF AS JY BID Respek & liefde gaan hand-aan-hand. As jy lief is vir die Here, toon respek. As jy ouer ooms en tannies,jou ouers en meisies respekteer, wys jou liefde teenoor hulle. Mooi lyftaal en gebare is deel van die lewe se klein dingetjies.
29. BREEK GEREELD ROETINE  Roetine & gewoonte is die vyand van gelukkige verhoudings. Maak tyd vir naweke wegbreek. Hê “guts” om nuwe dinge,kosse,style te probeer. Wees altyd oopkop vir nuwe idees en ideale sonder om jou waardes te vergeet. ‘n Goeie balans tussen tradisie en die nuwe is wat jy moet soek.
30. VERGEET-MY-NIE Ag onthou tog jou ma! Ek was immers die eerste een wat jou skoppies gevoel! Terwyl jy nou nog klein is, is dit maklik om te weet jy het my nodig en lief. As jy eendag ouer is en liewer is vir jou vrou as vir my - dis hoe dit moet wees, onthou tog dat ek ook aan die anderkant sit en alles van jou weet, jou die heel beste verstaan en jou die heel liefste het. SO lief dat ek bereid is om jou te laat gaan, al is dit die heel moeilikste ding in die wêreld!
Tumblr media
0 notes
isedoraklopper · 7 years
Text
Enige Tyd
Jare laashet ek van haar gedink. Al sit hier in hele ander plek in die wereld, op doe vloer met a boks van ou fotos. Die foto voel nou as of dit jare laas gevat was, maar miskien voel dit so omdat dit was. Eks seker twaalf in foto, nog met lang hare and lyk so ongemaklik in the meisies skool uniform. Lang romp and sokkies wat nooit lekker gevoel het nie. Lanks my in die foto is Leilanie. Ons was goeie maats, miskien beste maats maar ek het altyd so ander om haar gevoel.
Soos sy all die suens by twaalf al begin aandag gee, het net minder and minder met hulle gepla. Meer tyd gespandeer om net met Leilanie uit hang. Haar bruin oe was altyd net so gaaf, ure wat ons net rond geloop and gesels het. Oor alles, tot die suens wat haar so duermekaar gemaak het.  Ek onthou nogal goed, veral as ons saam met mekaar se huise to gegaan het. Nagte oor geslaap het, waar ek still in die donker kamer net gele wag het tot sy wakker word.
Toe ons weg trek het ek gedink my hele was verby. Kan nou lag daar oor. Hier sit ek, n heele ander land, waar ek weer in nuwe woonstel in getrek het. Dit is die laaste boks wat ek uit pak, voor ek dit plat druk, en bo op die hoop gooi om weg to gooi. Slaan my foto album toe, and gaan met boeke uit pak. Nog n uur gaan verby voor my boek rak vol is en al die bokse leeg.
Ek staan in die middel van my klein sit kamer en kyk rond. Alles is uit eintlik uit gepak. Die res gebuer vinnig, maak to res van to bokse plat, dra helle hoop na my kar toe en pak the agterste sitplek. Die grroter asblik is nie ver nie. Ek gaan terug, gryp my sluetels van my kombuistoonbank af, sluit my duer agter my and klim in my kar. Stop vir vyf sekondes, haal diep asem and draai die sluetel. Kyk after oor my skouer soos ek reverse. Stadig is ek uit, en stop net lank genoeg om die koeler lig te maak blaas.
Eks moeg, maar dis lekker om te ry, voor ek huis toe gaan vir n warm stort en om net te rus. Die pad is nie besig nie, en ek ry agter n ander kar by asblik op. Klim uit en maak die duer oop, en begin af laai. Ek kyk nie eers na die ander mense nie, te moeg om vir enige iemand anders aandag te gee. “Ken ons mekaar?”
Kom die vraag heel uit die bloute uit. Ek moet rerig stop, nie as mense baie Afrikaans met my praat in New Zealand nie, tot meeste Suid Afrikaaners kies om Engeles to praat. Ek kyk op vir die eerste keer, haar bruin oe ontmoet meine. “Ken ons mekaar?”
Vra sy weer. Ek staan op van waar ek die bokse op getel het, en kyk vir die eerste keer rerig na haar. Bruin oe wat ek seker is ek onthou, toe sy begin glimlag. “Leilanie....ja ons ken mekaar. “
“Ek het gedink dit was jy!” , sy klink heeltemal opgewonde, ek is net verbaas. Voor ek enige kans het begins sy net barrel met stories and goed wat ons al lank al gemis het. Sy hulp my bokse weg gooi, en voor ek enige eits kan se, nooi sy haarself na my woonstel toe.
Ek nooi haar sommer vir aand ete, en net soos dit is dit alles aan. Sy vat my adres, en ek maak wikkel. Moet gestort wees en die plek skoon wees voor sy daar op daag. Voel heeltemal mal, soos ek ry kan ek net glo wie ek in vas geloop het nie. Ek het dit nie op die stadium geweet wat ek eintlik gevoel het nie, en gladnie enige iets geverstaan nie.  Miskien kan ons meer gesels en ek eintlik vir haar all die stories gebuer het na ons weg was.
Hoe ek die eerste keer verlief geraak het op n een van my maats, hoe ek uit eintlik kans gehad het om sin te maak van alles. Ek is eintlik by my woonstel, ek klim uit my kar uit and hardloop amper by my trappe af. Binne die deur, spring in die stort, wat warm voel, klere aan trek and vinnig all die laaste stukkies papierre op tel. Kom in my kombuis and begin met die kos in kas werk. Nog altyd was kos maak maklik, ek het gelukkig klaar vlies reg gehad, en nou is dit net patat and groente. Een van die kaase en crakcers. Net klaar reg gemaak and n klop op my deur. Een diep asem and loop oor en maak oop. “Hey, kom binne.”
Sy loop in en dit vat maar min tyd voor sy wyn drink en ek met my bier oorkant haar sit, kaas en crackers ons hulp met geselskap. En onse praat, oor alles, ek vertel haar hoe ek die eerste keer op n miesie verlief was, en oor al die hartbreek van dan toe, tot nou. Sy praat van hoe sy getroud was tot haar man weg is met n ander vrou, en sy besliut om New Zealand to te kom. Hoe har ons altwee gewerk het, en hoe ons dit uit eintlik net so gelukking in mekaar vas geloop het.
Ek staan uit eintlik amper a uur later op, en bigen kos maak en sy doen wat ons nog altyd saam gedone het. She vat my laptop and speel musiek, al ons ou gestelunge liedtjie en hele klomp nuwes. “Onthou jy....” begin sy met n storie, en stop om na my te kyk, “Onthou jy, daai keer, waar ons saam na skool, agter was en skool saal was oop. “
“Ja, ek onthou, hulle was besig om reg to kry vir pry uitdeeling. To sluip ons nogal daar in. En ons vind die stereo, daai ou groot ding, wat soos iets uit Star Wars gelyk het.”
Sy knik haar kop, glimlag and kom nader. “Wat was die liedtjie wat ons so gespeel het?”
“Duer jou vingers...”  
k onthou so goed, dit was a stadige liedtjie, en sy het sonder enige waarskuwing daai dag my gegryp en nader getrek. En ons het net so na die liedtjie geluister, en stadig rond gedans. Nader ann mekaar as wat ek ooit sou gedink moontlik was, en ek was heeltemal vasgevang. Ek onthou meer as wat ek wil se, tot hoe sy haar arems stywer om my nek gesit het. “Dit was n lekker middag.” Se sy stil, en toe lag sy amper, “Onthou jy hoe gevang was?”
“Toe hulle skielik op daag met ons skool hoof. Ek onthou hoe ons ook moes skarrel.“
“Ons het die hele pad na my huis to gehardloop.”  Lag sy nog. Ons kyk vir mekaar en vir sekonde is net ons twee, voor sy glimlag en terug gaan na die musiek toe.  
Ons luister musiek, en sid dit sagter terwyl onse eet. On eet tussen still and stadig gesels. Ek maak skoon after na, en maak somer koffie. Sy drink haar koffie nog die selfde, twee suikers. Sit ons nog so bietjie op my rusbank en gesels. Selfde stories, ou stories, nuwer stories and dan elke nou dan is ons net so bietjie stil. Waar sy oor kant my sit en glimlag, as of ek iets mis. Voor ons kans het, is dit ure later. Ons was beste maats, nie dat ek vergeet het nie.
 Sy staan op and begin haar jas terug aan sit en draai terug na my toe. “Ek moet gaan. Sekerlik n bietjie slaap kry.” Ek knik en staan op, sit ons koppies in die sink. Loop so agter haar soos sy by die deur uit loop. Ons loop tot by haar kar, en sy stop voor sy gaan. Soos ons nooit uit mekaar was nie, gee sy my druk, wat so bietjie langer hou. Sy laat stadig gaan en stop net voor my.
Sy glimlag, en luen in en soen my. Vir sekondes wat soos verewig voel, is sy teen my, vir so bietjie langer. Ek voel as of ek vergeet het om asem to haal. “Ek sal moet terug kom om musiek te luister.” Se sy soos sy glimlag and terug staan. “Enige tyd.”        Sy klim in haar kar, en trek stadig weg.                 
0 notes