Tumgik
#thswane
qutemaestro · 4 years
Video
youtube
2 notes · View notes
iol247 · 5 years
Text
Plaas eienaar soek R 30 mil maar Thswane stadsraad betaal R 90 mil
More shenanigans during the reign of the ANC
Farm owner asking R 30 mil but the City piad R 90 mil
https://maroelamedia.co.za/nuus/in-diepte/plaaseienaar-soek-r30-miljoen-maar-tshwane-gee-r90-miljoen/
0 notes
delapatadanews-blog · 5 years
Text
17º partido (N), Mzansi Super League at Centurion, 1 de diciembre de 2018 | Informe del partido | ESPNCricinfo en Noticias de Futbol y Deportes en México y el Mundo
Noticia nueva en https://delapatada.news/17o-partido-n-mzansi-super-league-at-centurion-1-de-diciembre-de-2018-informe-del-partido-espncricinfo/42769/
17º partido (N), Mzansi Super League at Centurion, 1 de diciembre de 2018 | Informe del partido | ESPNCricinfo
3:00 AM ETThe Report by Varun ShettyFacebookTwitterFacebook MessengerPinterestEmailprintCape Town Blitz 172 for 9 (de Kock 108, Williams 2-14, Bosch 2-27) beat Thswane Spartans 112 (Nawaz 3-14, Burger 3-19) by 60 runsQuinton de Kock struck his fourth T20 century – a superlative knock on a night where only two other batsmen made more than 30 -… Noticias Relacionadas Sudor, barridos y salvación para Australia. 11 Napoli: sin abonos 9 SL 98/3 (37.2 ov, BKG Mendis 21 *, BA Stokes 1/1) ... 10 Lionel Messi: Guillem Balague hace una gran sugere... 8 .yuzo_related_post imgwidth:120px !important; height:110px !important; .yuzo_related_post .relatedthumbline-height:15px;background: !important;color:!important; .yuzo_related_post .relatedthumb:hoverbackground:#fcfcf4 !important; -webkit-transition: background 0.2s linear; -moz-transition: background 0.2s linear; -o-transition: background 0.2s linear; transition: background 0.2s linear;;color:!important; .yuzo_related_post .relatedthumb acolor:!important; .yuzo_related_post .relatedthumb a:hover color:!important;} .yuzo_related_post .relatedthumb:hover a color:!important; .yuzo_related_post .yuzo_text color:!important; .yuzo_related_post .relatedthumb:hover .yuzo_text color:!important; .yuzo_related_post .relatedthumb margin: 0px 0px 0px 0px; padding: 5px 5px 5px 5px; jQuery(document).ready(function( $ ) //jQuery('.yuzo_related_post').equalizer( overflow : 'relatedthumb' ); jQuery('.yuzo_related_post .yuzo_wraps').equalizer( columns : '> div' ); )
#Noticias
0 notes
artsvark · 6 years
Text
Borrelende sangeres durf om om te gee vir ander
Die borrelende sangeres, Sharoney, is een van die nuwe ambassadeurs van Dare To Care!
Die borrelende sangeres, Sharoney, sit nie stil nie. Sy het die afgelope paar jaar haar plek in Suid-Afrikaanse musiekliefhebbers se harte losgesing en het ook gedurende 2017 haar tweede album getiteld, SKYN, uitgereik. Die eerste twee enkelsnitte vanaf hierdie album, Skyn en Toe gaan jy weg, het op die trefferparades geboer en die baie inspirerende musiekvideo van Skyn kan steeds gereeld op verskeie televisie kanale gesien word.
Sharoney wag nie vir geleenthede om haar pad langs te kom nie. Sy gaan soek dit en laat die dinge gebeur! Sy is gereeld op die verhoog te sien en toer al sedert die uitreiking van haar debuut-album, In Ons Fairytale, die land plat!
Haar paaie het onlangs met die van Rex van Deventer van Entertainment & Event Factory gekruis en hy het haar van Dare to Care vertel. Sy het onmiddellik geweet dat sy by hierdie inisiatief betrokke wil raak. Dare to Care is ‘n Lasting Legacy Entertainment en Entertainment & Event Factory inisiatief.
SOSIALEMEDIASKAKELS
Facebook
Twitter
Instagram
www.sharoney.co.za
Dare To Care Facebook page
Indien jy graag wil help of ‘n donasie wil maak, stuur jou besonderhede na [email protected] of na [email protected]
Dare to Care se doelstelling is om mense in nood te ondersteun. “Die wêreld kan soms soos ‘n onvriendelike, dreigende plek lyk. Maar deur goedhartig te wees en iets vir iemand anders te doen kan jy ‘n kettingreaksie van vrygewigheid en deurdagte gedrag begin, wat die bui van vriende, bure en vreemdelinge verhelder. Paying it forward sal jou goed laat voel en so ook iemand anders. Dit is ‘n groot voorreg om Sharoney as ondersteuner en ambassadeur van Dare to Care by ons te verwelkom. Die lewe van kunstenaars kan soms baie besig raak en vir Sharoney, om haarself hiervoor beskikbaar te stel, is voorwaar ‘n bewys van haar hart. Ons sien uit na die pad saam met haar. Dare to Care sal haar met trots dra”, sê Rex.
“Dit is vir my ‘n voorreg om een van die ambassadeurs van Dare to Care te wees en ek is baie opgewonde oor die pad vorentoe! Ek het nog altyd my gewig agter liefdadigheid ingegooi, maar altyd ‘n plekkie gesoek waar ek kon gee. My verbintenis met Star Zoo Factory het my horisonne verbreed en die weg gebaan om deel te kan word van die Dare to Care initiatief. Ons eerste projek, om splinternuwe skoolskoene aan 100 kinders te verskaf, is pas suksesvol afgehandel, maar die werk het nou eers begin! Elke bydrae, maak nie saak hoe klein of hoe groot nie, is belangrik. Dit kan ‘n verskil maak en ‘n kind se dag ophelder … bietjie word baie …”, sê Sharoney opgewonde.
Sy is in haar hart oortuig dat sy haar gewig agter die regte initiatief gooi en dit is vir haar lekker om haar nuutste album, Skyn, uit te leef. “Ek het lank gebid vir so liedjie en dit gekry en nou kry ek die geleentheid om nie net Skyn te sing nie, maar om dit ook uit te leef”.
Sharoney het in 2014 die musiekwêreld amptelik betree toe haar eerste enkelsnit, Een Keer, wat deur ADAM se Hugo Ludik en Reynardt Hugo geskryf is, binne enkele dae die trefferleer begin klim het en sommer vir lank bo-aan, al wat ’n treffersparade is, gekuier het.
Kort daarna is haar debuutalbum, In Ons Fairytale, vrygestel en dit was ook ’n kitssukses wat aan haar in 2015 twee Ghoema-nominasies (Nuweling van die Jaar en Beste Pop-Album deur ’n Vroulike Kunstenaar), asook ’n benoeming vir ’n Huisgenoot Tempo-toekenning (Nuweling van die Jaar) besorg het.
Intussen het Sharoney ook al gesig gewys op verskeie programme, waaronder IMPAK (Kruiskyk) TV, SABC 3 se Play Network, Be Your Dream op kykNET, Thswane TV se Kwaai Musiek, JAM, Jukebox, Expresso, Morning Live, ENN7, LekkerTV en Groot Ontbyt se Wat’s die Storie en by van die land se grootste feeste, soos die KKNK, opgetree.
DIE MEISIE AGTER DIE STEM
Sharoney is twee-en-twintig jaar oud en baie entoesiasties oor die lewe. Sommer met die intrapslag besef jy dat sy ’n alles-of-niks mens is, dat sy nie daarin glo om kortpaaie te neem nie en bereid is om hard te werk vir wat sy wil hê. Sy het op die ouderdom van agt begin sanglesse neem en is in 2010 gekies om deel te wees van ’n uitgesoekte groep musikante om Suid-Afrika in Los Angeles te verteenwoordig. In 2011 neem sy ook deel aan die sangafdeling van Beyond 2000 se Suid-Afrikaanse Nasionale Kampioenskappe vir Uitvoerende Kunste. Sy het egter eers besef dat musiek haar roeping is nadat sy in 2012 aan die Suid-Afrikaanse Talentkampioenskappe (SATCH) deelgeneem het en oorweldigende goeie terugvoer ontvang het.
Toe sy in 2013 aan Hoërskool Hugenote in Springs matrikuleer, wou sy graag gaan regte studeer, maar het gou besef dat dit nie gaan inpas by ’n loopbaan in die musiekwêreld nie. Daarom het sy besluit om liewer BA Kommunikasiewetenskappe te probeer, omdat dit goeie agtergrond bied vir wat in die vermaaklikheidsbedryf aangaan. As lid van die Performer Corner, is sy ook deur regisseur, At Strydom, genader om deel te wees van sy produksie, Wasem, wat bevestig dat sy ’n meisie van vele talente is.
Haar musiekloopbaan het egter eers begin vlam vat toe Hugo Ludik, van Muse Productions, haar talent raakgesien het tydens ’n voorvertoning vir ADAM en hy het haar toe onder die vlerk geneem en met die regte mense in kontak gesit. Die resultaat hiervan, was ’n CD wat spesiaal vir haar geskryf en deur Luisternet uitgereik is.
Sharoney se familie is vir haar baie belangrik. Sy kom uit ’n baie hegte gesin wat gereeld saam kuier. Haar pa is haar held en sy beskou hom as haar mentor omdat dit hy is wat haar geleer het van hard werk en uithou, al is dit hoe moeilik.
Wanneer jy haar vra waarmee sy haarself besig hou wanneer sy nie sing nie, borrel sy letterlik oor van entoesiasme oor die liefdadigheidswerk waarby sy betrokke is.
Hierdie talentvolle blondekop van Springs het ’n baie volwasse benadering tot haar loopbaan. “Ek het geleer om dankbaar te wees vir elke geleentheid wat oor my pad kom, dat geen gehoor te klein is nie en dat sukses begin by die eerste tree… daarom sal ek my voete stewig op die aarde hou en nooit ophou droom nie.”
Borrelende sangeres durf om om te gee vir ander was originally published on Artsvark
0 notes