Tumgik
Text
nog een keer.
Ek wonder, ek wonder weer en nog n keer waarom jy sommer so kan se - “Haal net asem skat” so asof die aarde nie stil-stil, stuk vir stuk, hals-oor-kop besig is om my in te sluk nie.
Maar ek tel my kop op en ek vee my trane weg, vee my gedagtes van jou vanuit my hart en ek haal asem net nog een keer
en dan een keer meer.
1 note · View note
Text
Kopieskrywer
Die lewe van n kopieskrywer kan nooit beplan word nie.  Daar is altyd projekte wat moet gereed wees die volgende dag.  Dertig bladsy webtuistes wat geskryf moet word terwyl almal anders n rustige naweek het.
Ek sal dit vir niks in die wereld verruil nie, maar soms - net soms wens ek dat n ‘normale’ naweek moontlik was.
0 notes
Text
sunny side up.
Deur waansin word werklikheid n globale mors van tyd soos n eier sonder die geel op n Sondag oggend; geen goeie begin sonder n plaasontbyt met sunny saaid up en koffie sterk genoeg om die brannas en coke van gistraand se gat te skop nie.
Dit is die verwurging van n gedagte voordat dit vanaand laat uitsluip om by herinneringe van jou te gaan kuier.
Dit is die flitslig se batterye wat dood wanneer jy bitter graag net nog iets, net nog iets wou skryf.
******
Through madness reality becomes a global waste of time like an egg without the yolk on a Sunday morning; no good start without a farm breakfast with sunny side up and coffee strong enough to kick last night’s brandy and coke's ass.
It is the choking of a thought before it sneaks out late tonight to visit memories of you.
It is the flashlight’s batteries dying when you wanted to, desperately wanted to write just one more thing.
42 notes · View notes
Text
nie genoeg/not enough.
Ek wens daar was genoeg woorde vir my om my vreugde uit te beeld, maar daar is nie;
nie genoeg woorde in my woordeskat nie genoeg sterre in die naglug nie genoeg skulpe op die strand.
Ek is nie genoeg nie, maar ek is bly want jy bestaan.
******
I wish there was enough words for me to show my joy, but there’s not;
not enough words in my vocabulary not enough stars in the night sky not enough shells on the shore.
I am not enough, but I am joyous because you exist.
51 notes · View notes
Text
desember reen in april/ december rain in april
Ek weet dat ek moet ophou soek,  maar jy het jou dagdrome  soos wilde blomme in my siel geplant  en ek water hul met my trane  wat vloei soos Desember reën  wat eers in April val; 
jou drome is in volle blom maar ek het lankal reeds verlep.
*** *** *** *** *** *** *** *** *** *** ***
I know that I need to stop looking,  but you planted your daydreams  like wild flowers in my soul  and I water them with tears  that flow like December rains that only fall in April;
your dreams are in full bloom  but I have long since wilted.
115 notes · View notes
Text
my woorde is nie myne nie / my words aren't my own.
Ek skryf my diep en donker gedagtes meestal in n ander man se taal  en wonder dan waarom ek nie antwoorde op my vrae kry nie.
My lyf, my woorde is nie meer myne nie; ek vertaal en verdun dit met iemand anders se woordeskat.
******
I mostly write my deep and dark thoughts  in another man’s language and then wonder why I don't  get answers to my questions.
My body, my words aren’t mine anymore; I translate and dilute it with someone else’s vocabulary.
145 notes · View notes
Text
So maklik...
Dit is soms so maklik om van die buitengewone te vergeet terwyl jy die gewone navolg.  Ek reken steeds dat daar meer omtrent die lewe moet wees as om aldag aan ander mense se drome te werk.  Wanneer werk jy n bietjie aan jouself?
Dis n gedagte vir n ander dag.
0 notes