Tumgik
vosverhale · 5 years
Photo
Tumblr media
•|070519|• Ek verstik aan humanisme elke keer as ek van jou wil verskil. As ek my woorde ‘n sewende keer moet louter om met jou te gesels, dan los ek dit liewer en bid dat jy sal sien my hart is vol liefde. -f . #verstaanmyhart #liefde #komonsweeseerlik #afrikaans #afrikuns #taalvanmyhart #skryfjouhart #instagramgedigte #afrikaansegedig #digkuns #gedig #somsdig #vosverhale #iphonephotography #picsartediting #picsart #bloomwhereyouareplanted #growth #Tuesday #potd #student #dreamer #believer #beloved (at Potchefstroom) https://www.instagram.com/p/BxKHvjphY8-/?utm_source=ig_tumblr_share&igshid=re73mt7tmq08
0 notes
vosverhale · 5 years
Photo
Tumblr media
•|010519|• Elke keer wat ek daaraan dink breek ek weer ‘n bietjie, Soos die herfs, het jy my somerblare laat val. Ek het geval, Maar gebreek. Nes daardie vedoemde blare sal ek uit my seer, afgebreek, weer sterk word. Ek sal ander bome voed sodat hulle blare welig en groen, jou marteling weergalm in ‘n immergroen oerwoud. -f . #herfs #weessterk #staanop #gedig #Afrikaans #Afrikuns #taalvanmyhart #kuns #digkuns #instagramgedigte #gedig #somsdig #vosverhale #student #fall #iphonephotography #wednesday #dreamer (at Potchefstroom) https://www.instagram.com/p/Bw6_vduh1np/?utm_source=ig_tumblr_share&igshid=1dfjfjyitcdho
0 notes
vosverhale · 5 years
Photo
Tumblr media
•|120419|• Jy was bittersoet, sout van die aarde, maar ek kan sien dat die lewe al sy tol geëis het. Jy was stralende lig uit ‘n donker verlede, maar êrens het die son gaan sak in jou lewe. Ek was middelmatig met groot drome, verhard deur verlede. Nou eers die Lig ontdek in soveel verwondering. Sien, ek was die son en jy die maan, hierdie sonsverduistering is ongedaan. Jy sal my weer sien skyn en ek hoop met alles in my dat jy die Lewe sal vind - een laaste keer. -f . #vry #dans #houmoed #gedig #digkuns #somsdig #digter #instagramgedigte #vosverhale #afrikaans #afrikuns #taalvanmyhart #dromer #gered #geliefd #loved #beloved #student #Friday #Friyay #dreamer #foxtales https://www.instagram.com/p/BwKUeK-BZ5_/?utm_source=ig_tumblr_share&igshid=c47giu7o4slr
0 notes
vosverhale · 5 years
Photo
Tumblr media
•|090419|• (sal jy verstaan) Daar is vuur in die wolke en dit donder, reën al weer. En ek wonder óf dit ‘n rooi skynsel oor jou hare sal reflekteer. Ek dink dan weer aan jou manier van lag, onbeheers, ongedeerd en sag. Die weer donder weer en ek sukkel om te sluk, die droom is verby en ek is buite beheer. Ek sidder om te dink of jy sal verstaan, as ek jou vertel van die son en die maan. Die vriendskap ongedaan, ewig op ‘n soektog uitgevaar, nietemin verlief op mekaar. -f . . #donderweer #vuurindiewolk #gedagtes #gedig #digkuns #somsdig #afrikaans #afrikuns #instagramgedigte #vosverhale #taalvanmyhart #student #wednesday #cloudsandthunder #dreamer #loved #beloved (at Potchefstroom) https://www.instagram.com/p/BwE7RLSBmpR/?utm_source=ig_tumblr_share&igshid=vhx2yyb0df62
0 notes
vosverhale · 5 years
Photo
Tumblr media
•|20419|• Die wêreld het ‘n plek geword waar ons lieg (vir mekaar), in lettergrepe en metafore. Tegnies het ek die waarheid gepraat, Maar tegnies net half. Dan vreet ons die vokale op en die konsonante raak net weg. Tot die gesprekke tussen geliefdes in die niet verdwyn en die stilte tussen verliefdes hulle van mekaar vervreem. Skrik ons eendag wakker en wonder hoe het dinge só vinnig verander, want ons lieg vir onsself en besef nie dat dit nie skielik was nie, eerder stadig oor tyd met baie onderverdrukte pyn. -f . . #lieg #lief #lewe #realiteit #gedig #instagramgedigte #digkuns #somsdig #kuns #afrikuns #afrikaansegedig #afrikaans #taalvanmyhart #geliedf #dromer #vosverhale #student #itsbeenreal #Tuesday #dreamer #beloved #betrothed #loved #guy https://www.instagram.com/p/Bvwje-SB3jH/?utm_source=ig_tumblr_share&igshid=sfhj70mmk5wh
0 notes
vosverhale · 5 years
Photo
Tumblr media
•|290319|• Dit was makiti, dit was draai. Rondom-talie rond geswaai, hare waai en trane rol. “Two-step” en jol. Twee siele is nou een, sy het “ja” gesê vir siel, murg en been. Hy het belowe om haar lief te hê en sy’t geantwoord met ‘n soen. Fees was daar gevier oor hierdie Godgegewe huwelik. Saam gelag, saam gehuil, saam gekuier tot ‘n middernag. Die Koningskinders is ingewag, deur Liefde en Vrede en ‘n lang gekukkige lewe. -f . . #mulverlief #mullermakiti #troutyd #itsbeenreal #weddingvibes #imsohappy #mypeople #mrandmrs #beautiful #vosverhale #digter #digkuns #afrikuns #afrikaans #instagramgedigte #feesverhaal #tweesieleiseen (at Lace on Timber) https://www.instagram.com/p/Bvojqy8h_ub/?utm_source=ig_tumblr_share&igshid=vevul8bad18t
0 notes
vosverhale · 5 years
Text
raak verlief op jou lag
raak verlief op jou lag
heyy,
Ek geniet mense en ek geniet dit om te dink, en ek geniet dit om oor mense te dink. Ek haal graag ʼn goeie vriendin en beter skrywer aan, “Ek hoop jy maak in 2019 tyd daarvoor om koffie te drink op jou stoep en laat te slaap oor naweke en om absoluut dolverlief te raak op ʼn vreemdeling se lag.” Die laaste gedeelte van die stelling is vir my só gerusstellend omdat ek verskriklik daarmee…
View On WordPress
0 notes
vosverhale · 5 years
Photo
Tumblr media
Wesley Herfsbruin WB Conradie. Lief sonder perke. Lag in oorvloed. Lewe sonder perke. ‘n Opregte hart van goud gekleë in rooi. Ek vier jou vandag! Gelukkig is ek om deel van jou verhaal te wees. Dankie vir jou medelye en onvoorwaardelike egtheid. Dankie vir jou menswees en merkwaardige styl. Agt-en-twintig het nog nooit só goed gelyk nie. Ek hoop hierdie dag is ekstra soos jy! As jy hierdie skat ken, ken jy impulsiewe uitstappies en foto-sessies. Dan ken jy lewe in oorvloed. Dan ken jy lag uit die maag en huil op die bank. Dan ken jy diepte en vreugde. Diensbaarheid en die vermoë om awkwardly daar daar te staan Met soveel oë op jou. Lief vir jou WB! #liefdewen #yassguy #hbd #photographeroftheyear #celebrateyou #love #brother #compassionate #28 #okaybye https://www.instagram.com/p/BvdcU22BxFF/?utm_source=ig_tumblr_share&igshid=1r8zplbf15d1d
0 notes
vosverhale · 5 years
Photo
Tumblr media
Pieter. ‘n Baken van hoop, altyd gereed om te luister en waarheid te deel. Opreg en eerlik, standvastig en nederig. Vandag vier ek jou Gabe! Ek is geeëed om jou ‘n broer te kan noem! Dankie vir die geselsies en lag. Dankie dat sonsondergange vir ewig die hoogtepunt van die dag js my ou! Ek hoop dat 22 jou goed doen en dat jy al die geleenthede op jou pad met oop arms verwelkom! Ek het soveel waardering en liefde vir jou! Awee! #hbd #pieter #melkman #meesterrakopsitter #coolest #therealmvp #brothers #humble #steadfast #wecelebrateyou https://www.instagram.com/p/BvdbCeSh5xQ/?utm_source=ig_tumblr_share&igshid=91klygkji49k
0 notes
vosverhale · 5 years
Photo
Tumblr media
•|17319|• Eks maar net ‘n hedendaagse Israeliet, slegs vir ‘n wyle in die gebied. Elke ander dag pak ek op, beweeg ek aan. Opsoek na die beloofte land. Ek struikel en val, en met tye dwaal ek veertig jaar in die vervloekte woestyn. Die belofte bly staan, die land van melk en heuning, wag in al Sy prag op die horison van eendag. Niemand kan egter vir my vertel wanneer eendag verander in vandag. My gebed is dat ek op die horison sal staan gekleë in rooi gere(e)d. -f . . #gereed #gered #gedig #gedink #gedeel #dromer #skrywer #digter #instagramgedigte #digkuns #kuns #afrikuns #afrikaans #taalvannyhart #vosverhaal #guy #monday #mood #dreamer #student https://www.instagram.com/p/BvcQFoBhFxK/?utm_source=ig_tumblr_share&igshid=1l399r2tmveb3
0 notes
vosverhale · 5 years
Text
vind jou lag in God
vind jou lag in God
heyy,
Ek is iemand wat nog altyd daarvan hou om te lag, vir alles en enige-iets. Ek vind dit moeilik om nie te lag nie. Dit is vir my een van die lekkerste dinge om te doen. Die diep asem nadat jou longe leeg getap is en die lag-rukke jou maagspiere uitdaag om harder te werk as normaalweg
As kind onthou ek hoe die hele atmosfeer verlig het as my lag die huis se gang weergalm het en hoe…
View On WordPress
0 notes
vosverhale · 5 years
Photo
Tumblr media
•|20319|• Dit is volmaan op hoofkampus teen halfprys, en my oë glinster meer as gewoonlik, want die seer is ontydig uitbuiterig. Die sonsak op weskampus, soos altyd, verniet. Die gejaag na wind duur voort, ons mis alweer die punt. Dit is skemer op onderwyskampus ons denkwyses geborg, deur A.G. Visser, Jonker, Einstein en Newton. Die appels val ver van die boom. Die mensdom lewer homself uit, aan uniforme uniekheid en sosiale protes teen sosiale norme. Ek sit in die donker fase 4 is nog lank nie verby. Die weervoorspelling dui op ‘n goeie kans vir fase 5 of 6, maar hier onder voer ons debat oor die nuwe winkelsentrum se “Woolies Food”. Mensdom. -f . . . #volmaan #mensdom #gedig #digkuns #kuns #skrywer #dromer #afrikaans #afrikuns #taalvanmyhart #vosverhaal #student #fullmoon #twilight #wednesday #dreamer https://www.instagram.com/p/BvPfuYKhQUX/?utm_source=ig_tumblr_share&igshid=43b4a62amk3k
0 notes
vosverhale · 5 years
Photo
Tumblr media
Selfde Pukkie net ‘n ander kleur. Selfde liefde net ‘n ander geur! Ons geliefde Pukki her van die veld af in die gehoor ingekom om liefde te wys. Hierdie laaitie se lewe sal nooit weer dieselfde wees nie! #toomuchlove #love #proud #mynwu #nwu #Pukkiliefde #unashamed #lovehasnolimits #mademylife #watwasdietelling https://www.instagram.com/p/BvKVvh6huRQ/?utm_source=ig_tumblr_share&igshid=1cuwqlxfnuj30
0 notes
vosverhale · 5 years
Text
fokus en die stryd met vryheid
fokus en die stryd met vryheid
heyy,
Ek word gereeld gekonfronteer oor my fokus, moontlik omdat ek nog altyd bietjie anders dink en redeneer as ander mense om my. Goed wat vir my enorm is, sal ietwat onbelangrik wees vir meeste mense om my. Ek is baie vertroud met die woorde “dit is regtig nie so belangrik nie”. Vir lank was dit vir my verskriklik neerhalend en ietwat vernederend. Nadat ek die Here ontmoet het, het ek (nes…
View On WordPress
0 notes
vosverhale · 5 years
Text
'n kortverhaal
‘n kortverhaal
Hy was nog jonk. Hy stap hand aan hand met sy pa met die baksteenpaadjie, wat hy baie goed leer ken, af. Hulle kom by die plek. Op sy pa se gesig is daar meer emosies as wat hy selfs ken. Sy pa vat hom nader; die gras het al tyd gehad om sy ma se grafsteen te omhels en die vorige blomme is al verlep – besig om uit te droog. Sy pa beduie hy moet net hier wag en beweeg in die rigting waarvan hulle…
View On WordPress
0 notes
vosverhale · 5 years
Photo
Tumblr media
58.365 Die reuk van eergister hang nog soos mantel om jou nek. So dans jou teenwordigheid nog deur my gedagtegang op die ritme van my hartklop wat joune naboots. Die kuile om my mond trek outomaties uit oudergewoonte weg van mekaar soos ons nader tree. Een, twee. Ons oë ontmoet; vier, vyf. Die vlinders fladder deur my lyf, want my maag sit in my keel terwyl jou oë my gedagtes streel. Verlief, dalk. Bewus, beslis. Daar is ‘n brand in my hart, ek sukkel om hom te blus. -f #dromer #glimlag #gedig #digkuns #somsdig #instagramgedigte #kuns #afrikaans #taalvanmyhart #vosverhale #student #wednesday #believer #dreamer #joyous #joy #peace Kiekiekrediet📸: @raveburger https://www.instagram.com/p/BuZVm7lh6g9/?utm_source=ig_tumblr_share&igshid=t4fv4s6hxhou
0 notes
vosverhale · 5 years
Photo
Tumblr media
‘swipe’ links Lees gerus —» #vosverhale #digter #digkuns #somsdig #skryf #hart #afrikaans #taalvanmyhart #leweopgenade #lief #dromer #gered #geliefd #genees https://www.instagram.com/p/BtxiBlBBNZm/?utm_source=ig_tumblr_share&igshid=1adq99qvmsdt0
0 notes