Hendrik Hanekam
Hendrik Hanekam die Hoenderhaan
Hendrik Hanekam die Hoenderhaan is oppad see toe, vir sy jaarlikse vakansie. Soos dit ʼn ordentlike en meelewende Vrystaatse hoenderhaan betaam, het hy twee van sy beste vriende, Mossieman en Geronkie die Donkie, saamgeneem vir goeie geselskap.
Hendrik Hanekam het lank na die vakansie uitgesien en was sommer vroeg die oggend met sonsopkoms op Virginia se stasie, gereed om op die trein te spring.…
View On WordPress
0 notes
AVENIER
Hene, mens, hy kom ja mos uit vel en vleis hier aar en toe hy afklim, yk dit of hy hierdie wêreld gans en al nie ken nie. Hy 't 'n kar so nat uit die kas en hy dra 'n paar geel newwies en die hare is net danig geolie. Toe ek hom bas gesien het, was hy 'n hand hoog, maar nou 's hy 'n yslike hemel besem... Kyk die wêreld deur van stokkie tot beentjie en trek nogal sy neus op Hier wil hy darem nie bly nie, sê hy. Nou vra ek jou: Ek ken sy mense of ek hulle met die mes gemaak het. Vir hom ken ek van hy papklein was en sy ou ma het so 'n akkerlyfie gehad, so 'n ronnetjie, so op mekaar. Ken jy hulle? Hulle het op vleis en dooikooi grootgeword. Sy ou pa het altyd hier in sy hand kom sit huil wanneer die jakkals van sy goed gevang het die ou sleg. Hy was nou so sleg, as jy hom kop-afgesny het, het hy nie eens gebloei nie. Sommige mense het gese hy't 'n klap weg.
Nou kom wip hierdie fatsoen hom teen ons. Vergange het hulle met al wat veeding is, hier by ons gesit tot met growwe vee ook. A ja nee, hy't darem 'n kop soos 'n Bybel en 'n bek soos 'n poppegaai. My ou man wil gaan waterlei, want die leidam is stil vol, maar meneer sit hier en woorde breek tot droog sononder Dit is ons tant Sarie, een van ons taalmakers, wat so praat.
Ons het nie soveel seëninge, geld of pronkerige goed soos die voorwêreld nie, maar ons het ons taalmakers. Hier praat hulle die taal so van sy ma af en hy is vars en soos 'n
miershoopbrood. Ons het hier nie 'n ou vaal taaltjie met 'n lang sousie 'n mens in baie ander dele teekom nie. Ons kruie hom met wat hy moet hê, tot hy vars en skerp op die tong is. As hulle hier 'n nuwe woord nodig het, maak hulle hom, want ons bodem het baie bestanddele. Anders vat hulle 'n versionste ou woord, trek hom kaal uit,
tooi hom weer op, en jy ken hom nie. Of nog anders haal hulle 'n vergete woord uit sy nessie, sit hom op 'n ander plek, en hy lyk glad anders. Hulle het beslommernis en omslagtig gevat en daarvan omslommernis gemaak. Dingetjie was al toe onder die stof, maar toe vat hulle hom en sê: Bring 'n dingetjie vir 'n bietjie melk." Ons het hier growwe druppels, dit het leistraal gereen" en nou weer die splinternuwe: atoomlug. As die lug warm en droog is
en hy laat die veld vinnig verdor, het ons 'n atoomlug. Waar die man bly wat eerste sy as af geskrik het, weet ek nie, maar wat ek weet, is dat ons Bruinmense hier die eerste oogwater teruggedruk het."
Naas die Namakwalanders, Boesmanlanders, studente en Kaapse Bruinmense is ons plattelandse Bruinmense die fynste taalsmede. Hulle kan met woorde goël en speel. Hulle maak woorde op hul kop staan, gooi hulle in die lug, vang hulle weer en dan is hulle splinternuut. In die skeerhok maak hulle die kis oop en haal die beste daaruit. Tussen die
klap van skere kry Afrikaans 'n ander voorkoms. Daar word nou gepraat!
Gewoonlik gebruik ek ses skeerders, 'n sorteerder, vloerman, vaggooier en loksman. Wanneer dit stil word omdat hulle teen mekaar jaag, teen die tyd, teen die behoefte aan geld, sit Gert, die loksman, hulle altyd aanmekaar, sommer so domweg.
dise, Floorsie, jy moet daardie wol regvat. Jy staat werk met ronde handjies. As die kondokter omkom, val jou pale." nie. Hy het 'n status en buitendien, hulle span hom altyd oorkruis as hy sy mond Piet praat nie juis nie, want dit betaam die voorman nie om te veel te babbel durf oopmaak.
e
e
Af en toe waag hy darem 'n woordjie, maar dan kap een hom dadelik. Nes wa-wag, oom. Oom moet knip. Oom skeer hoeka so klein." Neels kom regop. Ai, hierdie sker van my is vanmöre morsdood. Kan m
,,Nee, maar jy moet hom brandslyp," sê Petrus. ..Dis mos 'n nuwe sker. Het jy weet hoe dit met hom is nie." hom al ooit deurgeslyp?" Dis nie die sker nie, Petie," sê Frans, die stille. Dis maar oor Neelsie so
swak is. Ek sien mos hy lé aan by daai ronde dingetjie in die onder-kroek." Jullie is sommer stuitig," sê Neels verleë. .,So 'n mal skoen sal ek nie aantrek nie. Ek is 'n weeskjeend. Ek moet op my skêre le sodat die kleintjies kan eet. Ek het nie tyd vir rondstaan nie. Toe maar, my ou blompot," sê Harry met 'n skerp sarkasme, want Neelsie is nie van die mooiste nie,,,hou maar net. Vanmiddag help ek jou die disselboom
Jy meen, Harry." praat Frans saggies tussenin om weer 'n ding aan die gang te sit, jy gaan vanmiddag Petie se oogwater terugdruk?" Nee, maar hy kan maar kom," se Petrus. Ons kan maar la 't dit op die vuls afloop... Waar wil Harry my oogwater terugdruk? Ek is nou nie ou Koos Klos
nie.
Hy pluk die weerspannige mofooi reg en druk haar tussen sy knieë vas.
Nee, stilsit, ousie," sê Petrus. Gee maar jou rok vir die oubaas, my
hondjie." Julle kan maar jae as julle wil jae, my ooms," vermaan Gert van die lokstafel af. Onthou net julle moet netjies afhaal. Niks se gefoetery nie. Niks gestukkendsnyery nie". Nee, maar ons weet, ou grootman," sê Harry. Ons sny mos darem al van ver
So gesels hulle dag ná dag. As 'n man praat, lag en koggel, dink jy nie so baie daaraan hoe of jy met die skeergeldjies gaan rondkom tot die volgende skeer nie. jy dink nie daaraan dat jy aan't oud word is en nie meer kan byhou nie. Jy praat, want dan vergeet jy van 'n rug wat wil breek en 'n vinger wat pyn of hy En onder die lag en koggel word 'n taal gemaak met die ruik van die veld in fyt het. elke woord- en so sappig soos kambro.
af,
, of hoe, Petie? Ons ken mos darem die wet."
0 notes
1, 4, 5, 14, and 26 for the soft ask game ówò
amity!! i just woke up!! thank you for the asks! <33!!
1. your favorite playlist (made by yourself or someone else)
i could never have a favorite but a playlist made by me that still means a lot to me is the one from november 2020, which was just like, the most horrific time in my life and although it's super cheesy, listening to it reminds me that i made it through i guess
4. an account on social media whose posts make you smile
yours!!! and the twitter account dailykorra that posts different pictures of avatar korra every day LOL
5. 5 tv shows that cheer you up
star vs the forces of evil!!! the owl house!!! amphibia!!! bob's burgers!!! futurama!!! always make me happy :]
14. an artist (of any kind) whose work you look forward to seeing
i answered this one here also but i will add you to the list because i do look forward to seeing your art always!
26. the film you watched most recently that you could watch again and again
luca!!! and i did watch it already 12 times!!! but also coco and the movie emma with anya taylor joy
2 notes
·
View notes